Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kalk
kalk [boodskap #137073] Ma., 28 Junie 2021 14:23
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26657
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Gebluste kalk, Ca(OH)₂
Gebluste kalk, Ca(OH)₂
kalk
Afbreking: kalk


Selfstandige naamwoord: kalk
Meervoud: –

Betekenis:
• 'n Wit, poreuse stof wat in klip en skulpe gevind word.
• (skeikunde) 'n Alkaliese sout van kalsium.

Gebruik:
• Kalk word gebruik om sement en kryt te maak, mure af te wit, sportvelde uit te merk, ens.
• Kalk kom in verskeie vorme voor, soos kalsiumoksied (ongebluste kalk), kalsiumhidroksied (gebluste kalk) en kalsiumkarbonaat (kalksteen).

Hiponiem:
• messelkalk
• pleisterkalk
• witkalk

Afgelei:
• kalkaanpaksel
• kalkaarde
• kalkafsetting
• kalkafskeiding
• kalkagtig
• kalkarm
• kalkbank
• kalkbevattend
• kalkbrandery
• kalkerig
• kalkfabriek
• kalkgat
• kalkgesteente
• kalkgroef
• kalkgrond
• kalkhoudend
• kalkindustrie
• kalkklip
• kalklaag
• kalkoond
• kalkoplossing
• kalkpad
• kalkryk
• kalksement
• kalkspaat
• kalksteen
• kalktoediening
• kalkverbinding
• kalkverf
• kalkwater
• kalkwit

Vertaling:
Engels: lime
Nederlands: kalk


Werkwoord: kalk
Verlede tyd: het gekalk
Teenwoordige deelwoord: kalkend, kalkende
Verlede deelwoord: gekalkte

Betekenis:
• Om kalk toe te dien, of iets met kalk te behandel.

Gebruik:
• Hy kalk die mure.

Vertaling:
Engels: to lime, white-wash
Nederlands: kalken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sintese
Volgende onderwerp: tydvak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Sep. 28 16:35:46 UTC 2026