| bladgroen [boodskap #137031] |
Vr., 25 Junie 2021 07:22 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die bladgroen van 'n blaar.
bladgroen
Afbreking: blad•groen
Samestelling: blad + groen
Selfstandige naamwoord: bladgroen
Meervoud: –
Betekenis:
• Die groen kleurstof (pigment) van plante.
Gebruik:
• Bladgroen absorbeer die lig wat nodig is om fotosintese te laat gebeur.
Sinoniem:
• chlorofil
Afgelei:
• bladgroenhoudend
• bladgroenkorrel
Vertaling:
Engels: leaf‐green, chlorophyll
Nederlands: bladgroen, chlorofyl
Xhosa: iklorofili
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|