Tuis » Lekker » Humor & grappe » 28 gebruike vir die Afrikaans woord "moer"
28 gebruike vir die Afrikaans woord "moer" [boodskap #136949] |
Thu, 17 June 2021 12:32 |
 |
Jan die Man
Boodskappe: 530 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Hier is 28 gebruike vir die Afrikaans woord "moer" (soos op Twitter gedeel):
1. Verbasing: Wat die moer?
2. Opgee: De moer hiermee.
3. Moeilikheid: O Moer!
4. Sukkel: Hoe de moer moet ek dit verstaan!
5. Verwarring: Wat de moer!
6. Verdwaal: Waar die moer is ons?
7. Aggressie: Ek moer jou!
8. Belofte: Jy gaan gemoer word.
9. Ongeloof: Nie 'n moer nie!
10. Waarskuwing: Pasop, sy's die moer in.
11. Pyn: Eina Moer!
12. Onsimpatiek: Ek gee nie 'n moer om nie!
13. Ontkenning: Not de moer!
14. Aanwysing: Vlieg in jou moer!
15. Suspisie: Wie de moer is jy!?
16. Admirasie: Dis nou moer mooi!
17. Afguns: Ag, sy moer!
18. Misnoeë: Sies moer!
19. Twyfel: Ek weet nie wat de moer om te doen nie.
20. Tydsberekening: Moer lank.
21. Afstandsmeting: Moer ver.
22. Hoogtebepaling: Moer hoog.
23. Dieptebepaling: Moer diep.
24. Paniek: Ek's moer laat!
25. Vreugde wense: 'n Moerse lekker naweek vir jou!
26. Roep: Kom hier jou moer !
27. Stukkend: In sy moer in!
28. Eskom: Moer toe.
Enige wat hulle gemis het?
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 20:33:16 UTC 2025
|