| welp [boodskap #136893] |
So., 13 Junie 2021 19:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24223 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Leeuwelpie.
welp
Afbreking: welp
Selfstandige naamwoord: welp
Meervoud: welpe
Verkleinwoord: welpie
Meervoud van verkleining: welpies
Betekenis:
• 'n Jong roofdiertjie, soos 'n baba beer, hiëna, hond, leeu of wolf.
Gebruik:
• Sy probeer die welpie hans grootmaak.
Afgelei:
• beerwelp
• hiënawelp
• jagluiperdwelp
• leeuwelp
Vertaling:
Engels: cub
Nederlands: welp
Werkwoord: welp
Verlede tyd: het gewelp
Betekenis:
• Om kleintjies te kry.
Gebruik:
• Leeus is al met luiperds gekruis om leeuperds te welp.
• Die teef het nog nie gewelp nie.
Vertaling:
Engels: to have cubs
Nederlands: welpen krijgen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|