Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Crunchie
Crunchie [boodskap #13579] |
Sat, 28 March 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Terwyl ek nou die dag deur ons “Dictionary
of South African English” blaai, kom ek op die
volgende af:
“crunchie” (slang) Offensive mode of reference
to an Afrikaner.
Een van die voorbeelde van die woord wat hulle
gee, kom uit ‘n David Kramer lied:
“Call me a crunchie,
And I’ll take jou outside,
I’ll show you just how,
the crunch is applied,
Then you’ll keep .... tjoepstil.
Volgens die woordeboek is die ander pejoratiewe
woorde vir ‘n Afrikaner “ hairyback” en “rockspider.”
Nouja, ek kan nie sê dat ek ooit met enige van hierdie
woorde in aanraking gekom het nie, maar ek kan tog
sien waar dit moontlik vandaan kan kom. Maar
“crunchie” slaan my heeltemal dronk. Vir my het die
woord net assosiasies met ‘n soort sjokolade. (Ek
vergeet nou of die sjokolade hier of in SA te vinde is.)
Is daar enigiemand wat vir my kan verduidelik waarin
hier woord sy oorsprong het?
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
Re: Crunchie [boodskap #13684 is 'n antwoord op boodskap #13579] |
Wed, 01 April 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Volgens die woordeboek is die ander pejoratiewe
> woorde vir 'n Afrikaner " hairyback" en "rockspider."
> Nouja, ek kan nie sê dat ek ooit met enige van hierdie
> woorde in aanraking gekom het nie.
Dit verklaar heelwat.
Dit suggereer dat jy nooit rassediskriminasie ervaar het nie.
Dit herinner aan Lourens van der Post se uitspraak nadat hy deel was van die
verhore van Japannese wat interneringskampe in die Ooste bedryf het gedurende
die Tweede Wêreldoorlog (hy was self in een van die kampe).
Na die tyd het hy opgemerk dat die mense wat in die kampe gely het veel
minder haatdraend was, veel minder gesteld was op vergelding, en veel meer
vergewingsgesind was as die mense wat nooit onder die Japannese onderdrukkers
deurgeloop het nie.
Dit was altyd die buitestanders wat histeries om bloed geroep het.
Soos jy met jou naïewe en verwarde oorlogsidioom.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 15:45:10 UTC 2025
|