| onomwonde [boodskap #136747] |
Di., 01 Junie 2021 20:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24180 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onomwonde
Afbreking: on•om•won•de
Bywoord: onomwonde
Betekenis:
• Baie duidelik en reguit; sonder om doekies om te draai.
Gebruik:
• Die professor het dit onomwonde gestel dat hy nie met die brouwerk tevrede is nie.
Sinoniem:
• duidelik
• kaalvuis
• kategories
• nadruklik
• ondubbelsinnig
• onmiskenbaar
• onverbloemd
• onverskrokke
• pertinent
• reguit
• uitgesproke
Vertaling:
Engels: unequivocal, unapologetic, outright, frank, plainly, direct
Nederlands: onomwonden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|