| kuberruimte [boodskap #136677] |
Do., 27 Mei 2021 15:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kuberruimte
Afbreking: ku•ber•ruim•te
Samestelling: kuber- + ruimte
Selfstandige naamwoord: kuberruimte
Meervoud: kuberruimtes
Betekenis:
• Die virtuele ruimte op 'n publieke netwerk, veral die wêreldwye web.
Gebruik:
• Gebruikers wat die kuberruimte gebruik word voortdurend deur kubermisdadigers geteiken.
Sinoniem:
• internet
Verwant:
• kuberaanval
• kubermisdaad
• kubersekerheid
• kuberteenwoordigheid
• kuberveiligheid
• kuberwelstand
Vertaling:
Engels: cyberspace
Nederlands: cyberspace
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|