| goudmyn [boodskap #136577] |
Di., 18 Mei 2021 08:39 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24235 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die skag van 'n goudmyn.
goudmyn
Afbreking: goud•myn
Samestelling: goud + myn
Selfstandige naamwoord: goudmyn
Meervoud: goudmyne
Verkleinwoord: goudmyntjie
Meervoud van verkleining: goudmyntjies
Betekenis:
• 'n Plek waar goud gemyn en ontgin word.
• (figuurlik) 'n Bron van groot rykdom en welvaart.
Gebruik:
• Die goudmyne van die Witwatersrand word oor die algemeen as die winsgewendste beskou.
• Die biblioteek is 'n goudmyn van kennis.
Afgelei:
• goudmynbedryf
• goudmynindustrie
• goudmynontginning
• goudmynwerker
• goudmynwese
Vertaling:
Engels: gold mine; something lucrative
Nederlands: goudmijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|