| besproeiing [boodskap #136554] |
Sa., 15 Mei 2021 20:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25955 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Besproeiing
besproeiing
Afbreking: be•sproei•ing
Samestelling: besproei + -ing
Selfstandige naamwoord: besproeiing
Meervoud: besproeiings
Betekenis:
• Die kunsmatige natlei van plante.
Gebruik:
• Die water vir besproeiing kan uit 'n dam, rivier of boorgat gepomp word.
Sinoniem:
• irrigasie
Hiponiem:
• drupbesproeiing
• mikrobesproeiing
• sprinkelbesproeiing
• vloedbesproeiing
Afgelei:
• besproeiingsboer
• besproeiingsgrond
• besproeiingsingenieur
• besproeiingskanaal
• besproeiingsplaas
• besproeiingsraad
• besproeiingskema
• besproeiingswater
• besproeiingswet
Verwant:
• sprinkelaar
Vertaling:
Engels: watering, irrigation
Nederlands: irrigatie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 27 Julie 2026 07:06] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|