Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Leendert as tweegesigjakkals
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13547] |
Thu, 26 March 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes: >
>> Dis teen mense
>> soos jy wat ek die Derde Boere-
>> Oorlog veg -
>
> Ai, Gloudina,
>
> Ons weet almal teen hierdie tyd dat jy die terapie gekies het van
> maksimum-bandwydte-Boerehaat op hierdie nuusgroep
Leendert, die Derde Vryheidsoorlog
gaan wees teen die sogenaamde
Afrikaners wat maak asof hulle die
enigste mense is wat die erfenis van
die vorige twee Vryheidsoorlo"e kan
toe-eien. Dis daardie Afrikaners wat
deur mense soos jy onteien word, wat
nou teen julle optrek. In SA self
en uit die buiteland.
> As dit nie so pateties was nie, sou dit snaaks wees - hier in Afrika kom die
> Derde Taalbeweging op dreef, en die wêreld gons van grens tot grens soos
> die mense baklei, stry en vry.
En wys dit nie dat ek reg is nie. Dat
daar Afrikaners is wat nou weer op hulle
eie pote staan en nie geterroriseer word
nie deur die apartheidsvarke ( wat 'n mengsel
was van stupid Afrikaners, slim Australiers,
uitgeweke Rhodesiers, en ondergrondse lede
van die C.I.A.)
> Maar ek moet sê, daar's hoop vir die nuusgroep, net soos vir die land self -
> helfte van die Boerehaters verkeer in 'n progressiewe toestand van seniele
> waansin. Die ander helfte verval herhaaldelik in 'n staat van perenniale
> infantiele regressie!
>
> Vriendelike groete, Leendert
So nou is die Boer "Ferdi" ook 'n
Boerehater? Ha, ha, ha! Leendert
jy moet oppas. Jy en jou voorsate
is nog net omtrent 'n honderd jaar
in die land. Jy beledig mense wie
se voorsate in 1706 in my geval die
land ingekom het. En in "Ferdi"
se geval ook al seker vir meer as
twee eeue. So basta om vir mense
aan te kla as Boerehaters. Jy het
'n agenda. Probeer jy, nuutjie in
die land, nou die Afrikaner uit-
Afrikaner?
Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13566 is 'n antwoord op boodskap #13547] |
Fri, 27 March 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum" writes: >
>
> Maar vir een wat haar nasate vir 'n ander land grootgemaak het, het jy darem
> 'n groot bek oor die voorsate, nie waar nie.
>
> Vriendelike groete, Leendert
Nee, Leendert, ek het nie my nasate
vir 'n ander land grootgemaak nie.
My eerste kind is in Suid-Afrika
gebore juis omdat ons na Suid-Afrika
teruggekeer het na 'n eerste verblyf
in Kanada. Ons het egter SA vir 'n
tweede keer verlaat, nadat nog 'n
kind in SA gebore is, omdat die
apartheidsvarke dit vermors het.
En met "apartheidsvarke" bedoel ek,
Leendert, nie Afrikaners of Boere
nie. Ek bedoel oud-Nederlanders soos
Verwoerd, oud-Rhodesiers, dom
Afrikaners, bose Afrikaners, sommige
swart bantoestan-hoofde, Australiese
vroue van double-barreled Engelse
manne en die lys gaan aan en aan.
Dis teen hulle en hulle intellektuele
nageslag wat ek die Derde Vryheids-
oorlog verklaar en veg.
Gloudina
|
|
|
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13567 is 'n antwoord op boodskap #13547] |
Fri, 27 March 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
igs.net wrote in article ...
| gaan wees teen die sogenaamde
| Afrikaners wat maak asof hulle die
| enigste mense is wat die erfenis van
| die vorige twee Vryheidsoorlo"e kan
| toe-eien.
Jy beskryf hier drogbeelde in jou eie waanbelaaide koorsagtigheid! Wanneer
dink jy al dié nonsies uit?
Dis daardie Afrikaners wat
| deur mense soos jy onteien word, wat
| nou teen julle optrek. In SA self
| en uit die buiteland.
Optrek waarheen, ou Moeder Hanna. Jy gly nou vinnig terug, Gloudina. Lei
jy nie dalk net eenvoudig aan 'n oordrewe vervolgingswaan nie? Dalk het jy
uit SA gevlug - bang dat hulle jou in die tronk sou stop omdat jy teen die
ou regering was. Nou het daardie vervolgingsfobie gewoonte geword...
| En wys dit nie dat ek reg is nie. Dat
| daar Afrikaners is wat nou weer op hulle
| eie pote staan en nie geterroriseer word
| nie deur die apartheidsvarke ( wat 'n mengsel
| was van stupid Afrikaners, slim Australiers,
| uitgeweke Rhodesiers, en ondergrondse lede
| van die C.I.A.)
Weer die vervolgingswaan ....
| So nou is die Boer "Ferdi" ook 'n
| Boerehater? Ha, ha, ha! Leendert
| jy moet oppas.
Vir wie??? Jy klink so soos die wicked witch uit die Wizard of Oz .....
Jy en jou voorsate
| is nog net omtrent 'n honderd jaar
| in die land. Jy beledig mense wie
| se voorsate in 1706 in my geval die
| land ingekom het. En in "Ferdi"
| se geval ook al seker vir meer as
| twee eeue. So basta om vir mense
| aan te kla as Boerehaters. Jy het
| 'n agenda. Probeer jy, nuutjie in
| die land, nou die Afrikaner uit-
| Afrikaner?
Leendert is 'n damn-site beter Afrikaner as jy en jou fris boerseun uit die
oos-Kaap wat julle taal sommer so maklik opgesê het en stert tussen die
bene weggehardloop het!
|
|
|
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13568 is 'n antwoord op boodskap #13547] |
Fri, 27 March 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Ha, ha, ha! Leendert
> jy moet oppas. Jy en jou voorsate
> is nog net omtrent 'n honderd jaar
> in die land. Jy beledig mense wie
> se voorsate in 1706 in my geval die
> land ingekom het. En in "Ferdi"
> se geval ook al seker vir meer as
> twee eeue. So basta om vir mense
> aan te kla as Boerehaters. Jy het
> 'n agenda. Probeer jy, nuutjie in
> die land, nou die Afrikaner uit-
> Afrikaner?
Siestog, Gloudina!
Jy prewel pragtige proteste teen "seksiste".
Die feit dat my naam vanjaar 100 jaar in die land is, is waar. Ook die feit
dat die draer van daardie naam die hele oorlog deur is aan Boerekant -
insluitende die kamp by Dyatalawa (terwyl dit nou gaan oor jou perverse
"Boere-oorlog"). Die feit dat ek dit dra is egter bloot 'n feit van die
benamingskonvensie.
Gerieflikerwys noem jy nie dat ek in die vroulike lyn afstam van mense wat
nog veel langer in die land is as 1706 nie - Van der Merwe, (ma) Brits,
Pretorius, (oumas) Reynecke, Bezuidenhoudt. ens ens.
En dan is daar nog die waarskynlike 6% waarvan 'n deel vermoedelik uit
Afrika kom, nie waar nie?
Maar vir een wat haar nasate vir 'n ander land grootgemaak het, het jy darem
'n groot bek oor die voorsate, nie waar nie.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13570 is 'n antwoord op boodskap #13547] |
Fri, 27 March 1998 00:00   |
Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72 Geregistreer: November 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Gloudina, ons "ambassadeur" in Ottawa verklaar weereens . . .
> . . . laat ek jou nou een ding
> van Kanada vertel. Die somers is
> so bloedig warm dat ek gladnie
> daarvan hou nie. Die lekker SA
> somers was baie meer draagbaar
> omdat hulle so droog was, selfs
> in die Noordkaap.
Dis wel die geval dat Ontario helwarm, bedompige somers het.
Onthou egter net dat: Kanada > Ontario.
Die somers hier in sentraal-Alberta is van die aangenaamste
ter wêreld. . . selfs beter as Johannesburgse weer.
GLOUDINA VERTEENWOORDIG NIE DIE HELE KANADA NIE.
Kry dit deur julle DIK KOPPE, verdomp ! Dit sluit Nico in.
> En ons hier in
> Kanada het nie sagte velletjies
> nie. As ons nie gebrand word deur
> die somershitte nie, word ons
> gelooi deur die uiters koue winde.
> Ons is 'n geharde klomp hier. . .
Suid-Afrikaners is so behep met die weer as hulle [selde] aan
Kanada dink. Kanada is 'n groot plek. Gaan kyk maar na jou
atlas. Die weer is so uiteenlopend soos wat die land uitgestrek
is. Suid-Alberta is soos die Noord-Karoo in die somer, maar
'n paar ure noord, waar ek woon, is die klimaat heel anders.
Ja, die winters is koud, maar daar is ook veskillende tipes
koue. Ek verkies 'n windelose, dro"e -30C enige dag bo 'n
klam -15C (soos in Ontario). On huise is verhit. Dis uiters
verbasend waaraan 'n mens gewoond kan raak. Die koue is een
van daardie dinge . . . net soos die geweld en die misdaad in
die Nuwe SA.
Hjalmar
________
|
|
|
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13595 is 'n antwoord op boodskap #13547] |
Sat, 28 March 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hjalmar Gerber wrote in article
| Dis wel die geval dat Ontario helwarm, bedompige somers het.
|
| Onthou egter net dat: Kanada > Ontario.
|
| Die somers hier in sentraal-Alberta is van die aangenaamste
| ter wêreld. . . selfs beter as Johannesburgse weer.
|
| GLOUDINA VERTEENWOORDIG NIE DIE HELE KANADA NIE.
|
| Kry dit deur julle DIK KOPPE, verdomp ! Dit sluit Nico in.
Ho! Stadig ou perd - ek is
aan jou kant! Moenie laat
sy jou oortuig dat ek Kanada
afskiet nie - ek weet nie waar
sy daaraan kom nie?!? Ek bly
net omtrent 3 ure se ry van die
Kanadese grens af. Ek het ook al
baie gesê: ek weet niks van Kanada
af nie.
Ek weet Kanada is groot - maar jy het nietemin
my simpatie dat jy haar as landgenoot moet hê.
|
| Suid-Afrikaners is so behep met die weer as hulle [selde] aan
| Kanada dink. Kanada is 'n groot plek. Gaan kyk maar na jou
| atlas. Die weer is so uiteenlopend soos wat die land uitgestrek
| is. Suid-Alberta is soos die Noord-Karoo in die somer, maar
| 'n paar ure noord, waar ek woon, is die klimaat heel anders.
|
| Ja, die winters is koud, maar daar is ook veskillende tipes
| koue. Ek verkies 'n windelose, dro"e -30C enige dag bo 'n
| klam -15C (soos in Ontario).
Ek
stem met
jou saam - en
ek is ook nie te mal
daaroor as dit warmer
word en so heen en weer
om vriespunt rondswaai nie.
Die sneeu smelt dan en voor die water
kan wegloop, waai die wind daaroor of daal
die temperatuur maar net en dan verys dit - en
dat van dit bloedsweet om daarop te bestuur! Maar dit is
darem ook baie min tye wat dit so sleg is.
On huise is verhit. Dis uiters
| verbasend waaraan 'n mens gewoond kan raak.
Hjalmar, ek vind dat die winter vir my hier "warmer" was, in dié opsig
dat ek amper nooit koud gekry het nie. Al was ons temperatuur baie keer
hier by -20 tot -30°C
het ek selde wintersklere aangehad. Ek dra, soos al die Amerikaners om my,
net somersklere,
en as 'n ou dan werk of huis toe ry, dra jy 'n warm jas of parka. Dis net
die paar keer wat
ons dieretuin toe was of na 'n park toe waar die seuns gaan afgly het, wat
ons soos
eskimos aangetrek was. Ek het die winter en die sneeu geniet en was
spyt dat dit so min was. Verlede week het die swane en ganse
hier aangekom en orals op die gevriesde mere bly sit.
Eergister het ons temperature begin styg en vandag
was dit al 14°C! Al die mere is ontdooi en
die voëls kan nou orals swem! Dit
lyk sommer of hulle dit geniet!
As ek mag vra: watse werk
doen jy in Kanada?
Groete
Nico
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13697 is 'n antwoord op boodskap #13547] |
Wed, 01 April 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
> En met "apartheidsvarke" bedoel ek,
> Leendert, nie Afrikaners of Boere
> nie. Ek bedoel oud-Nederlanders soos
> Verwoerd, oud-Rhodesiers, dom
> Afrikaners, bose Afrikaners, sommige
> swart bantoestan-hoofde, Australiese
> vroue van double-barreled Engelse
> manne en die lys gaan aan en aan.
> Dis teen hulle en hulle intellektuele
> nageslag wat ek die Derde Vryheids-
> oorlog verklaar en veg.
Die probleem is dit, Gloudina:
Jy definieer "apartheid" blykbaar as alle dade wat bepaalde mense gepleeg
het. Dit is regtig nie 'n baie bruikbare definisie nie. Want ek is seker
mens kan op baie dinge wys wat hulle gedoen het, en wat jy ook doen.
Ek het, as ek reg onthou, jou al tevore gevra wat jy bedoel met hierdie ding
"apartheid".
Ek is seker jy self en die gesprek hier sal veel meer helderheid kry as jy
wil verduidelik wat jy daarmee bedoel.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 15:40:36 UTC 2025
|