| swerflus [boodskap #136288] |
Sa., 17 April 2021 10:01 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24307 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swerflus
Afbreking: swerf•lus
Samestelling: swerf + lus
Selfstandige naamwoord: swerflus
Meervoud: swerfluste
Betekenis:
• Die begeerte of neiging om na ander plekke toe te reis.
Gebruik:
• Toe die swerflus my beetpak en ek na die veld begin hunker, het ek my tasse gepak en na die Krugerwildtuin vertrek.
Sinoniem:
• reislus
• swerfsug
Vertaling:
Engels: wanderlust
Nederlands: zwerflust
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|