Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ekstrovert
ekstrovert [boodskap #136284] Vr, 16 April 2021 16:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20268
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ekstrovert
Afbreking: ek•stro•vert


Selfstandige naamwoord: ekstrovert
Meervoud: ekstroverte
Verkleinwoord: ekstrovertjie
Meervoud van verkleining: ekstrovertjies

Betekenis:
• 'n Sosiale persoon met 'n uitgaande aard; iemand wat oor die algemeen spontaan, energiek en spraaksaam is.

Gebruik:
• Daar is 'n kontinuum van karaktertrekke en niemand kan 100% as 'n ekstrovert of 'n introvert geklassifiseer word nie.

Antoniem:
• introvert

Verwant:
• ekstroversie
• ekstroversietelling
• ekstroverties

Vertaling:
Engels: extroverted person
Nederlands: extrovert


Byvoeglike naamwoord: ekstrovert
Attributief: ekstroverte

Betekenis:
• Die mate waarin iemand na buite gekeer is.

Gebruik:
• Intro- en ekstroverte kinders moet verskillend hanteer word.

Vertaling:
Engels: extroverted
Nederlands: extrovert

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vlies
Volgende onderwerp: introvert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 21:35:19 MGT 2024