| mishoring [boodskap #136279] |
Do., 15 April 2021 11:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Mishoring.
mishoring
Afbreking: mis•ho•ring
Samestelling: mis + horing
Selfstandige naamwoord: mishoring
Meervoud: mishorings
Verkleinwoord: mishorinkie
Meervoud van verkleining: mishorinkies
Betekenis:
• 'n Alarm op skepe en in ligtorings waarmee ander skepe in mistige weer gewaarsku word.
Gebruik:
• 'n Mishoring het altyd 'n lae toonhoogte, omdat laer tone verder deur die lug trek en dus verder gehoor kan word.
Vertaling:
Engels: foghorn, fog signal
Nederlands: misthoorn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|