| Bybel [boodskap #136238] |
Sa., 10 April 2021 19:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die eerste gedrukte Bybel.
Bybel
Afbreking: By•bel
Uitspraak: /ˈbəi̯.bəl/
Selfstandige naamwoord: Bybel
Meervoud: Bybels
Verkleinwoord: Bybeltjie
Meervoud van verkleining: Bybeltjies
Betekenis:
• Die Heilige Boek van die Christelike geloof. Die Woord van God.
Gebruik:
• Die Bybel bestaan uit die Ou Testament wat 39 boeke bevat en die Nuwe Testament wat 27 boeke bevat.
Sinoniem:
• Skrif
Afgelei:
• Bybelboek
• Bybelkenner
• Bybelverklaarder
• Bybelvertaling
• Familiebybel
• Kinderbybel
Afkorting:
• Byb.
Vertaling:
Engels: Bible
Nederlands: bijbel
Nota:
• Van Grieks βιβλια, biblia (boeke).
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|