| asemhaal [boodskap #136168] |
Sa., 03 April 2021 08:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24327 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
asemhaal
Afbreking: a•sem•haal
Samestelling: asem + haal
Werkwoord: haal asem, asemhaal
Verlede tyd: het asemgehaal
Teenwoordige deelwoord: asemhalende
Betekenis:
• Lug in die longe intrek en uitblaas (gaswisseling).
Gebruik:
• As jy benoud voel en swaar asemhaal moet jy dringend suurstof kry.
• 'n Mens kan deur sy mond of sy neus asemhaal.
Sinoniem:
• respireer
Afgelei:
• asemhaaloefening
• asemhaling
Vertaling:
Engels: to breathe
Nederlands: ademen, asemhalen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|