| aanpas [boodskap #136151] |
Vr., 02 April 2021 08:32 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25973 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
aanpas
Afbreking: aan•pas
Samestelling: aan + pas
Werkwoord: pas aan, aanpas
Verlede tyd: het aangepas
Teenwoordige deelwoord: aanpassend, aanpassende
Verlede deelwoord: aangepaste
Betekenis:
• Om klere aan te trek om te kyk of dit pas.
• Om na gelang van behoefte of omstandighede te verander.
Gebruik:
• Dit is 'n mooi rok, maar pas dit aan voordat jy dit koop.
• Die plaasjapie het nie by die stadslewe aangepas nie.
Sinoniem:
• aantrek
• adapteer
• akkommodeer
• herskik
• inpas
• inrig
• modifiseer
• pas
• pasmaak
• probeer
• verstel
Afgelei:
• aanpasbaar
• aanpaskamer
• aanpasser
• aanpassing
• aanpassingsvermoë
• aanpasvertrek
Vertaling:
Engels: to fit, try on; to adapt, adjust
Nederlands: aanpassen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|