| verrinneweer [boodskap #136064] |
Do., 25 Maart 2021 17:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26199 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
verrinneweer
Afbreking: ver•rin•ne•weer
Werkwoord: verrinneweer
Verlede tyd: het verrinneweer
Teenwoordige deelwoord: verrinnewerend, verrinnewerende
Verlede deelwoord: verrinneweerde
Betekenis:
• Om af te takel of skade aan te rig.
Gebruik:
• Bedags het die hitte my verrinneweer en snags die koue, ek kon nie slaap nie. [Genesis 31:40]
Wisselvorm:
• verruïneer
Sinoniem:
• aftakel
• beskadig
• opneuk
• ruïneer
• skaad
• skend
• verniel
• verwoes
Afgelei:
• verrinnewasie
• verrinneweerder
Vertaling:
Engels: to damage, spoil
Nederlands: verrinneweren, vernielen
Byvoeglike naamwoord: verrinneweer
Attributief: verrinneweerde
Betekenis:
• Wat sleg behandel is en gevolglik skade opgedoen het.
Gebruik:
• Sy skoene is erg verrinneweer.
Sinoniem:
• gehawend
• verfoes
Vertaling:
Engels: damaged, spoiled
Nederlands: verrenneweerd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|