| roekeloos [boodskap #136052] |
Di., 23 Maart 2021 14:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24158 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
roekeloos
Afbreking: roe•ke•loos
Byvoeglike naamwoord: roekeloos
Vergrotende trap: roekeloser
Oortreffende trap: roekeloosste
Attributief: roekelose
Betekenis:
• Sonder om jou aan gevare en nagevolge te steur of jou daaroor te bekommer.
Gebruik:
• Moet nou nie roekeloos raak en gevaarlike dinge doen waaroor jy later gaan spyt wees nie!
Sinoniem:
• halsoorkop
• nalatig
• onbesonne
• onverantwoordelik
• oorhaastig
• onverskillig
• onverskrokke
• sorgeloos
• waaghalsig
• wild
• woes
Antoniem:
• versigtig
Afgelei:
• roekeloosheid
Vertaling:
Engels: reckless, rash
Nederlands: roekeloos
Nota:
• 'n Afleiding die ou Nederlande woord roek(e), 'aandag, sorg' met die agtervoegsel -loos, 'sonder'.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|