| kuskoraalboom [boodskap #135955] |
Ma., 15 Maart 2021 08:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24217 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Skets van die kuskoraalboom.
kuskoraalboom
Afbreking: kus•ko•raal•boom
Samestelling: kus + koraal + boom
Selfstandige naamwoord: kuskoraalboom
Meervoud: kuskoraalbome
Verkleinwoord: kuskoraalboompie
Meervoud van verkleining: kuskoraalboompies
Betekenis:
• Boom van die kus- en rivierwoude vanaf die Oos-Kaap tot in KwaZulu-Natal, Erythrina caffra.
Gebruik:
• Die kuskoraalboom dra die pragtigste oranje blomme wat in die lengte voor die blare uitloop, maar het aggressiewe wortels.
Sinoniem:
• kafferboom (verouderd, nou rassisties)
• koraalboom
Vertaling:
Engels: coast coral tree
Nederlands: kuskoraalboom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|