| kleinsielig [boodskap #135922] |
Vr., 12 Maart 2021 13:39 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24181 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kleinsielig
Afbreking: klein•sie•lig
Samestelling: klein + siel + -ig
Byvoeglike naamwoord: kleinsielig
Attributief: kleinsielige
Betekenis:
• Bekrompe in uitinge en opvattinge, of wat daarvan getuig.
Gebruik:
• Ons kan kleinsielig wees en mense slegter behandel as wat hulle ons behandel, of grootmoedig en hulle beter behandel as wat hul ons behandel.
Sinoniem:
• bekrompe
• enghartig
• kleingeestig
• verkramp
Antoniem:
• grootmoedig
Afgelei:
• kleinsieligheid
Vertaling:
Engels: petty, small-minded, narrow-minded
Nederlands: kleinzielig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|