weids [boodskap #135696] |
Wed, 10 February 2021 20:12 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21089 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
weids
Afbreking: weids
Byvoeglike naamwoord: weids
Attributief: weidse
Betekenis:
• Ruim van uitsig, of vol prag en praal.
Gebruik:
• Die ooptes was vir hom te veel en te weids. [Etienne van Heerden]
Sinoniem:
• epies
• grandioos
• grootdadig
• groots
• luisterryk
• ontsagwekkend
• majestueus
• pragtig
• ruim
Afgelei:
• weidsheid
Vertaling:
Engels: broad, widely spread; grand, stately
Nederlands: weids
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|