| veroordeel [boodskap #135561] |
Sa., 30 Januarie 2021 12:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veroordeel
Afbreking: ver•oor•deel
Samestelling: ver- + oordeel
Werkwoord: veroordeel
Verlede tyd: het veroordeel
Betekenis:
• Om 'n regterlike oordeel uit te spreek; iemand vonnis.
• Om te sê dat iets verkeerd is; afkeur toon.
Gebruik:
• Die regter het die moordenaar tot die doodstraf veroordeel.
• Ons veroordeel enige vorm van geweld.
Afgelei:
• veroordelaar
• veroordeling
Vertaling:
Engels: to condemn, sentence, convict
Nederlands: veroordelen
Byvoeglike naamwoord: veroordeel, veroordeeld
Attributief: veroordeelde
Betekenis:
• Waaroor 'n oordeel uitgespreek is.
Gebruik:
• Die veroordeelde moordenaar is gehang.
Antoniem:
• onveroordeel
Vertaling:
Engels: condemned
Nederlands: veroordeeld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|