| froetang [boodskap #135502] |
So., 24 Januarie 2021 17:48 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
froetang
Afbreking: froe•tang
Selfstandige naamwoord: froetang
Meervoud: froetangs
Verkleinwoord: froetankie
Meervoud van verkleining: froetankies
Betekenis:
• Grasagtige knolplant of sy eetbare saadvruggie, Romulea rosea.
Gebruik:
• Die vrugte van die froetang word "knikkertjies" genoem, en volgens die boek Drie Eeue is dit graag deur bobbejane en kinders gekou.
Sinoniem:
• knikkertjie
Afgelei:
• perdefroetang
Vertaling:
Engels: guildford grass, rosy sandcrocus
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|