Betekenis:
• 'n Uitwendige parasiet wat bloed suig, superfamilie Ixodoidea.
• 'n Klein seeslak aan die kuslyn van Suid-Afrika, Nassarius kraussianus.
Gebruik:
• 'n Bosluis se byt is meestal nie pynlik nie en 'n mens raak gewoonlik eers daarvan bewus as dit op die vel raakgesien word.
• Die bosluis se skulpie het 'n kort torinkie en 'n gladde, blinkgeel onderkant.