| borsbeen [boodskap #135475] |
Do., 21 Januarie 2021 19:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die borsbeen.
borsbeen
Afbreking: bors•been
Samestelling: bors + been
Selfstandige naamwoord: borsbeen
Meervoud: borsbene
Verkleinwoord: borsbeentjie
Meervoud van verkleining: borsbeentjies
Betekenis:
• 'n Lang been aan die voorkant van die bors waaraan die sleutelbene en die ware ribbes heg.
Gebruik:
• Die borsbeen bestaan uit drie dele: die manubrium, die hoofdeel of corpus sterni, en die ensiforme kraakbeen.
Sinoniem:
• sternum
Vertaling:
Engels: breastbone
Nederlands: borstbeen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|