Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedig deur PHILIP DE VOS
Gedig deur PHILIP DE VOS [boodskap #13529] |
Wed, 25 March 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
GEDIG DEUR PHILIP DE VOS
Die liedjie
van my rietfluit
my gonnie-piet-
verdriet-fluit
het niks
het niks
van die
ret-tet-tet
van die
luister-hoe-ek-
skree-trompet,
het niks
het niks
van die
rom-tom-tom
van die
hier's-ek-weer-
met-my-
trommel-trom;
hy't net
hy't net
die fyn verdriet
die fyn verdriet
van die fluitjiesriet
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 10:11:42 UTC 2025
|