Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » snuit
snuit [boodskap #135288] Do., 07 Januarie 2021 08:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24240
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
snuit
Afbreking: snuit


Selfstandige naamwoord: snuit
Meervoud: snuite
Verkleinwoord: snuitjie
Meervoud van verkleining: snuitjies

Betekenis:
• Die reukorgaan van 'n dier, of lang suigorgaan van 'n insek.

Gebruik:
• 'n Jakkals het 'n spits snuit, lang bene en 'n dik stert.

Sinoniem:
• snoet
• proboskis
• slurp

Vertaling:
Engels: snout, muzzle, trunk, proboscis
Nederlands: snuit


Werkwoord: snuit
Verlede tyd: het gesnuit

Betekenis:
• Om die neus uit te blaas om dit skoon te maak.
• Om die lont van 'n kers te knip.

Gebruik:
• Gebruik jou sakdoek as jy jou neus snuit.
Snuit die kers voordat jy gaan slaap.

Afgelei:
• uitsnuit

Vertaling:
Engels: to snuff, blow
Nederlands: snuiten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: psigies
Volgende onderwerp: drywing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 30 00:20:15 UTC 2025