| besie [boodskap #135211] |
Vr., 01 Januarie 2021 13:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24217 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Lieweheersbesie.
besie
Afbreking: be•sie
Selfstandige naamwoord: besie
Meervoud: besies
Betekenis:
• 'n Soort kewer.
• (ongewoon) 'n Klein bees, soos 'n ossie.
Gebruik:
• Op 'n warm dag hoor 'n mens die besies in die bome sing.
• Kan jy 'n besie afstaan om geslag te word?
Hiperoniem:
• gogga
• insek
Hiponiem:
• lieweheersbesie
• skilpadbesie
• sonbesie
Vertaling:
Engels: bug; small cow
Nederlands: beestje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|