| fresko [boodskap #135209] |
Do., 31 Desember 2020 14:23 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24192 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dresko's in die Sikstyne Kapel.
fresko
Afbreking: fres•ko
Selfstandige naamwoord: fresko
Meervoud: fresko's
Verkleinwoord: fresko'tjie
Meervoud van verkleining: fresko'tjies
Betekenis:
• Skildery teen 'n muur of plafon van waterverf op 'n nat kalklaag, of die tegniek waardeur so 'n muurskildery gemaak word.
Gebruik:
• Die mure en plafon van die Sikstyne Kapel in die Vatikaanstad is met fresko's versier.
Afgelei:
• freskopenseel
• freskoskilder
• freskoskildery
• freskotegniek
• freskoversiering
Vertaling:
Engels: fresco
Nederlands: fresco
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|