| opera [boodskap #135145] |
So., 27 Desember 2020 09:58 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gé Korsten in sy debuutrol as Canio in Ruggero Leoncavallo se Pagliacci.
opera
Afbreking: o•pe•ra
Selfstandige naamwoord: opera
Meervoud: operas
Verkleinwoord: operatjie
Meervoud van verkleining: operatjies
Betekenis:
• Toneelstuk met sang en orkesbegeleiding, gewoonlik ernstig en in 'n hoë sangstem.
Gebruik:
• Opera is waar 'n kêrel in die rug gesteek word... en hy dan sing in plaas van om te bloei. [Onbekende komediant]
Afgelei:
• operagebou
• operageselskap
• operahuis
• operakoor
• operakursus
• operamusiek
• operasanger
• operaster
• operastuk
• operaverhoog
• operavoorstelling
Vertaling:
Engels: opera
Nederlands: opera
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|