Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pê
pê [boodskap #135135] Sa., 26 Desember 2020 18:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26609
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
pê
Afbreking: pê


Bywoord: pê

Betekenis:
• Baie moeg; uitgeput; gedaan; poot-uit; flou.

Gebruik:
• Ek is pê na die dag se werk!

Vertaling:
Engels: extremely tired


Tussenwerpsel: pê

Betekenis:
• Uitroep om te koggel.

Gebruik:
• Pê, ek het tog gewen!

Vertaling:
Engels: boo


Selfstandige naamwoord: pê
Meervoud: –

Betekenis:
• Uithouvermoë; krag; blus; gô.

Gebruik:
• My pê is skoon uit na die bietjie oefening.

Spreekwoord:
• Sy pê is uit. [Hy is uitgeput.]
• Hy kan nie pê sê nie. [Hy kan niks sê nie.]

Vertaling:
Engels: endurance, fire

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hoon
Volgende onderwerp: kapstok
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Sep. 24 22:41:37 UTC 2026