Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » meesleurend
meesleurend [boodskap #135082] Di., 22 Desember 2020 18:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24241
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
meesleurend
Afbreking: mee•sleu•rend
Samestelling: meesleur + -end


Byvoeglike naamwoord: meesleurend
Attributief: meesleurende
Partitief: meesleurends

Betekenis:
• Wat 'n mens meesleur/saamsleep (emosioneel aangryp; die aandag trek sodat jy betrokke voel).

Gebruik:
• Die roman was so meesleurend dat ek dit in een nag klaar gelees het.
• Die dominee het daai oggend 'n meesleurende diens gelewer.

Sinoniem:
• aangrypend
• boeiend
• fassinerend
• hipnoties
• meeslepend

Antoniem:
• vervelend

Vertaling:
Engels: immersive, captivating, fascinating, moving
Nederlands: meesleurend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van meesleur.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lagwekkend
Volgende onderwerp: oorstroom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di. Des. 30 16:16:17 UTC 2025