Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Afrikaner in Australia:)
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Afrikaner in Australia:) [boodskap #13506 is 'n antwoord op boodskap #13086] |
Tue, 24 March 1998 00:00   |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi skryf:
>
>
> Weird hond.
> Ek dink dis 'n kruis tussen 'n Alsation en 'n Staffie. Sterk tekens
> van albei in haar.
> By die SPCA gekry toe sy klein was.
>
> Staffie se size, bene en wange, Alsation se kleure stert en ore....
>
> Baie verbale hond. Maak allerhande geluide altyd.
Ferdi
Ek het 'n teorie dat 'n ou se hond 'n weerspieeling van sy persoonlikheid
is, soos 'n kar ook.
Vat 'n ou soos Nigel ('skuus die ouens wat nie rec.sport.rugby.union lees
nie, sal nie verstaan nie) - hy't 'n Golden Retriever. Ek is seker jy het 'n
prentjie in jou kop van Nigel se persoonlikheid. Gaan lees na oor 'n G.
Retriever se geaardheid, en kyk of jy parallelle kan trek.
Jou hond? Wel, 'weird' is 'n goeie beskrywing. Ek kan my nie indink hoe die
geaardhede van die oorspronklikes saamsmelt nie. Een moet dominerend wees,
anders het jy 'n hond met 'n gesplete persoonlikheid. Ek meen, 'n staffie is
selfversekerd, onafhanklik en skrik vir niks nie. 'n Alsation is dikwels
senuagtig en onseker (so sê die boeke), en benodig opleiding en ferme
hantering.
Na dese is jy vir my 'n groter enigma as voorheen!
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
|
|
Re: 'n Afrikaner in Australia:) [boodskap #13530 is 'n antwoord op boodskap #13086] |
Wed, 25 March 1998 00:00  |
Henri Burger
Boodskappe: 317 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi skryf (oor sy kinders se hond);
> Sy het my net ge-"id" as die sucker wat die kar bestuur om haar park
> toe te neem en die vark wat nie omgee om op haar te raas en selfs 'n
> klap of wat te gee as sy kak aanjaag nie.
Ferdi
Verdra die volgende les oor hondesielkunde: 'n hond, soos jy bewus is, stam
van wolwe af. Voor hulle makgemaak is, het hulle in troppe gewoon, en binne
so 'n trop is daar 'n bepaalde hierargie. Elke individu poog om so hoog as
moontlik in daardie hierargie te wees, en dis 'n proses wat nooit ophou nie.
Dit lei tot orde binne die trop.
Enige ou wat 'n hond aanhou, moet bg. besef en verstaan, want die hond
beskou die gesin waar hy bly as sy trop. Hy probeer 'n bepaalde posisie
binne daardie trop bekom, hy besef wie is die leier, wie anders is bo hom,
en wie is onder hom.
As die hond toegelaat word om die leier te word, maak hy soos hy wil en byt
sy baas. Honde beskou klein kindertjies meestal as benede hulle, daarom word
kinders deur honde gebyt as hulle hom met 'n stok sou slaan - dit is
eenvoudig 'n uitdaging tot 'n geveg deur 'n mindere.
In jou geval kan jy heel tevrede voel - julle hond 'id' jou duidelik as die
leier van die gesin. Ek weet net nie of sy so intelligent is as wat jy
voorgee nie...
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 02:07:06 UTC 2025
|