| skaapvleis [boodskap #135035] |
Vr., 18 Desember 2020 07:01 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24217 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Skaapsnitte: 1=Boud. 2=Blad en skouer. 3=Rug. 4=Lende. 5=Lende, beste deel. 6=Bors. 7=Nek.
skaapvleis
Afbreking: skaap•vleis
Samestelling: skaap + vleis
Selfstandige naamwoord: skaapvleis
Meervoud: –
Betekenis:
• Die vleis van 'n skaap (Ovis aries).
Gebruik:
• Dit is die lekkerste skaapvleis wat ek nog geëet het.
Hiponiem:
• lamsvleis
Afgelei:
• kerrieskaapvleis
• skaapvleisboere
Vertaling:
Engels: mutton
Nederlands: schapenvlees
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|