| kiekie [boodskap #134870] |
Vr., 04 Desember 2020 07:15 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Kiekie van Israël David Kiek.
kiekie
Afbreking: kie•kie
Selfstandige naamwoord: kiekie
Meervoud: kiekies
Verkleinwoord: kiekietjie
Meervoud van verkleining: kiekietjies
Betekenis:
• 'n Foto, meestal deur 'n amateur geneem, of figuurlik, 'n detail beskrywing van iets.
Gebruik:
• Sy blaai deur haar kiekies en verlang met heimwee terug na die goeie ou dae.
Sinoniem:
• foto
Vertaling:
Engels: foto
Nederlands: kiekje
Nota:
• Genoem na die Nederlandse fotograaf, Israël David Kiek (1811 – 1899) wat drie foto's van studente teen een gulde geneem het.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|