| wildesering [boodskap #134784] |
Sa., 28 November 2020 09:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24240 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Wildesering.
wildesering
Afbreking: wil•de•se•ring
Uitspraak: /ˌvələsəˈrəŋ/
Selfstandige naamwoord: wildesering
Meervoud: wildeserings
Verkleinwoord: wildeserinkie
Meervoud van verkleining: wildeserinkies
Betekenis:
• 'n Peuldraende boom van die Bosveld met welriekende blomtrosse en gesogte mahagonieagtige meubelhout, Burkea africana.
Gebruik:
• Die wildesering het 'n redelik plat blarekroon, dubbelveervormige blare en roomwit blomme.
Sinoniem:
• rooisering
• sering
Vertaling:
Engels: wild seringa, red seringa
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|