| vertoonkas [boodskap #134753] |
Do., 26 November 2020 05:58 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Vertoonkas.
vertoonkas
Afbreking: ver•toon•kas
Samestelling: vertoon + kas
Selfstandige naamwoord: vertoonkas
Meervoud: vertoonkaste
Verkleinwoord: vertoonkassie
Meervoud van verkleining: vertoonkassies
Betekenis:
• 'n Kas, gewoonlik met glasdeure of ruite, vir die vertoon en uitstal van items.
Gebruik:
• Sy stal haar beste porselein in 'n vertoonkas uit.
Sinoniem:
• glaskas
• uitstalkas
Vertaling:
Engels: display cabinet
Nederlands uitstalkast
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|