| kolgans [boodskap #134692] |
So., 22 November 2020 09:10 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24168 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Kolgans
kolgans
Afbreking: kol•gans
Uitspraak: /ˈkɔl.χans/
Selfstandige naamwoord: kolgans
Meervoud: kolganse
Verkleinwoord: kolgansie
Meervoud van verkleining: kolgansies
Betekenis:
• 'n Gans van die familie van eendvoëls, Alopochen aegyptiacus.
Gebruik:
• Die kolgans het 'n donker kol op sy bors wat 'n mens veral goed kan sien as die voël vlieg.
Sinoniem:
• berggans
• nylgans
Vertaling:
Engels: Egyptian goose
Nederlands: nijlgans
Nota:
• Pasop, 'n "kolgans" in Nederlands is 'n "blesgans" in Afrikaans.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|