Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inspekteur
inspekteur [boodskap #134655] Sa., 21 November 2020 08:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26761
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
inspekteur
Afbreking: in•spek•teur


Selfstandige naamwoord: inspekteur
Meervoud: inspekteurs (inspekteure)
Verkleinwoord: inspekteurtjie
Meervoud van verkleining: inspekteurtjies

Betekenis:
• Iemand wie se werk dit is om inspeksies uit te voer.
• Rang in die polisie of aanspreekvorm vir so 'n persoon.

Gebruik:
• Ons het opdrag gekry om alles in orde te kry vir die inspekteur se besoek.
• Inspekteur Setole van Moord en Roof het nie tyd gehad om vingerafdrukke te neem nie.

Antoniem:
• inspektrise (vroulik)

Hiponiem:
• bou-inspekteur
• hoofinspekteur
• inspekteur-generaal
• skoolinspekteur
• vakinspekteur
• veeinspekteur
• verkeersinspekteur
• vleisinspekteur

Afgelei:
• inspekteursamp
• inspekteurskap
• inspekteurskorps
• inspekteursverslag

Afkorting:
• insp.

Verwant:
• inspekteer (ww.)

Vertaling:
Engels: inspector, auditor; superintendent
Nederlands: inspecteur

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: blomsteel
Volgende onderwerp: speelterrein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Okt. 07 14:28:31 UTC 2026