| korbeelhuis [boodskap #134638] |
Vr., 20 November 2020 07:23 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
korbeelhuis
Afbreking: kor•beel•huis
Samestelling: korbeel + huis
Selfstandige naamwoord: korbeelhuis
Meervoud: korbeelhuise
Verkleinwoord: korbeelhuisie
Meervoud van verkleining: korbeelhuisies
Betekenis:
• 'n Rondawel van klip met 'n koepeldak wat soos 'n byekorf lyk.
Gebruik:
• Die Kenmerkende korbeelhuise wat die pionierboere in die middel van die 19de eeu in die Hantam Karoo gebou het is belangrike oorblyfsels uit die kultuurgeskiedenis en die geskiedenis van die volksboukunde in Suid-Afrika.
Vertaling:
Engels: corbel house
Nederlands: korbeelhuis
Nota:
• 'n Korbeel (kraagsteen) is 'n uitspringende steen uit 'n muur waarop 'n balk of ander steen rus.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|