Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » liberaal
liberaal [boodskap #134561] Sa., 14 November 2020 08:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26488
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
liberaal
Afbreking: li•be•raal


Byvoeglike naamwoord: liberaal
Vergrotende trap: liberaler
Oortreffende trap: liberaalste
Attributief: liberale
Partitief: liberaals

Betekenis:
• Wat sosiale veranderinge voorstaan en die reg van individue bo die reg van groepe stel (as politieke stroming).
• Wat ruimhartig is, soms in so 'n mate dat dit te ver gaan.

Gebruik:
• Die konserwatiewes het hom te liberaal gevind, en die liberale te konserwatief.
• Dit het later aan die lig gekom dat hy 'n bietjie liberaal met die waarheid omgegaan het.

Antoniem:
• konserwatief

Afkorting:
• lib.

Afgelei:
• neoliberaal
• liberalis
• liberalisme

Vertaling:
Engels: liberal, broadminded
Nederlands: liberaal


Selfstandige naamwoord: liberaal
Meervoud: liberale
Verkleinwoord: liberaaltjie
Meervoud van verkleining: liberaaltjies

Betekenis:
• Aanhanger van 'n liberale staatsorde, of 'n lid van so 'n party.

Gebruik:
• Sy beleidsrigtings was taamlik teenstrydig en het veroorsaak dat die konserwatiewes hom te liberaal gevind het en die liberale te konserwatief.

Vertaling:
Engels: liberal
Nederlands: liberaal

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr., 11 September 2026 06:42]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: plutokrasie
Volgende onderwerp: agterlosig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Sep. 14 18:55:01 UTC 2026