Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » web
web [boodskap #134515] Wo., 11 November 2020 13:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24156
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Web.
'n Web.
web
Afbreking: web


Selfstandige naamwoord: web
Meervoud: webbe
Verkleinwoord: webbetjie
Meervoud van verkleining: webbetjies

Betekenis:
• 'n Net waarmee spinnekoppe insekte vang; spinnerak.
• Ineengeweefde struktuur wat mens aan 'n spinnerak laat dink.
• Die vlies tussen die vingers of tone van sekere diere.
• (informatika) Die Wêreldwye Web, WWW of W3.

Gebruik:
• Die spinnekop het 'n vlieg in sy web gevang.
• Sy web van bedrog het sonder twyfel al lank gelede begin, maar hy het homself nou heeltemal toegespin.
• 'n Gekko is 'n soort akkedis met webbe tussen sy tone wat keer dat hy in die sand wegsak.
• Het jy al op die web na die inligting gesoek?

Afgelei:
• webadres
• webbediener
• webblad
• webbladsy
• webblaaier
• webjoernaal
• webontwerper
• webtuiste
• spinneweb

Vertaling:
Engels: web
Nederlands: web

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: roosblaar
Volgende onderwerp: geldwassery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Des. 21 11:04:54 UTC 2025