Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dit vat manne!
Dit vat manne! [boodskap #13446] Ma, 23 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
Antowan Nothling  is tans af-lyn  Antowan Nothling
Boodskappe: 14
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Dit vat manne van die ander kant van die aarde om ons Suid-Afrikaners te
laat besef hoe gelukkig ons is. Ons het 'n mooi land wat baie son het en
waar die meisies soos die manne van anderkant se in die top 10 van die
wêreld val. (Ons is maar beskeie en stel nie somme van die staanspoor
onsself aan as nommer 1 nie).

Ons ekonomie is nie aan vlarde soos almal wat 'n eier wil lê laat hoor nie.
Ja dit gaan rof, maar dit gaan baie beter as in ander lande wat ek ken en
van weet. Suid Afrika regtig mooi. As dit nie vir die mense is nie, dan vir
die natuur.

Ek dink daar is nog 'n lang pad om te loop, maar ons kan net beter doen.
Ons het mos die slegste gesien, nie waar nie?

Antowan
Re: Dit vat manne! [boodskap #13484 is 'n antwoord op boodskap #13446] Di, 24 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek stem van harte met Antowan (lees onder)
saam. Ons is gelukkig. Ons het
'n mooi land met mooi mense. Die ouens
wat lelike dinge doen, is in die minderheid.
Laat ons moedhou dat daar 'n einde sal
kom aan die ergste misdaad. 'n Totale
einde sal daar seker nie kom nie, want
misdaad is mos maar aan die toeneem
oor die wereld heen. Antowan sê: "Dit
vat manne!" Ek voeg by: "...en vroue."

Groete uit sonnige, lieflike Suid-Afrika.
Johanna Rykheer
---
Antowan Nothling wrote in article
...
> Dit vat manne van die ander kant van die aarde om ons Suid-Afrikaners te
> laat besef hoe gelukkig ons is. Ons het 'n mooi land wat baie son het en
> waar die meisies soos die manne van anderkant se in die top 10 van die
> wêreld val. (Ons is maar beskeie en stel nie somme van die staanspoor
> onsself aan as nommer 1 nie).
>
> Ons ekonomie is nie aan vlarde soos almal wat 'n eier wil lê laat hoor nie.
> Ja dit gaan rof, maar dit gaan baie beter as in ander lande wat ek ken en
> van weet. Suid Afrika regtig mooi. As dit nie vir die mense is nie, dan vir
> die natuur.
>
> Ek dink daar is nog 'n lang pad om te loop, maar ons kan net beter doen.
> Ons het mos die slegste gesien, nie waar nie?
>
> Antowan
>
Vorige onderwerp: Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark?
Volgende onderwerp: Afrikaans language module
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 11:09:36 MGT 2024