| euforbia [boodskap #134400] |
Di., 03 November 2020 10:45 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Naboom as voorbeeld van 'n euforbia.
euforbia
Afbreking: eu•for•bi•a
Selfstandige naamwoord: euforbia
Meervoud: euforbias
Verkleinwoord: euforbiatjie
Meervoud van verkleining: euforbiatjies
Betekenis:
• Genus van kaktusagtige plante in die familie Euphorbiaceae wat melksap bevat en dikwels dorings het.
Gebruik:
• Al die euphorbias produseer 'n melkerige sap wat giftig is en 'n irritasie of blasies op die vel veroorsaak.
Wisselvorm:
• euphorbia
Hiponiem:
• beeskrag
• eselkos
• gifboom
• melkbos
• naboom
• norsdoring
• vingerpol
Vertaling:
Engels: euforbia, spurge
Nederlands: euforbia
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|