| voelhoring [boodskap #134369] |
Sa., 31 Oktober 2020 13:44 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24308 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die voelhorings van 'n vlieg.
voelhoring
Afbreking: voel•ho•ring
Samestelling: voel + horing
Selfstandige naamwoord: voelhoring
Meervoud: voelhorings
Verkleinwoord: voelhorinkie
Meervoud van verkleining: voelhorinkies
Betekenis:
• Tasorgaan op die kop van 'n insek waarmee beweging waargeneem word.
Gebruik:
• 'n Skoenlapper het 'n draadvormige voelhorings wat in 'n knop eindig.
Sinoniem:
• antenne
• spriet
• voelspriet
Vertaling:
Engels: feeler, tentacle, antenna
Nederlands: voelhoorn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|