| kouspop [boodskap #134303] |
Wo., 28 Oktober 2020 10:28 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24156 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Kouspop.
kouspop
Afbreking: kous•pop
Samestelling: kous + pop
Selfstandige naamwoord: kouspop
Meervoud: kouspoppe
Verkleinwoord: kouspoppie
Meervoud van verkleining: kouspoppies
Betekenis:
• Handpop wat van 'n kous gemaak is; handmarionet.
• (rekenaars) 'n Kloon, soos 'n gebruiker met meer as een rekening.
Gebruik:
• Die kinders maak kouspoppe in die kunsklas.
• Die rekening is 'n kouspop wat geskep is sodat die gebruiker meer as een keer kan stem.
Afgelei:
• kouspopspeler
Vertaling:
Engels: sock puppet
Nederlands: sokpop
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|