| ongewoon [boodskap #134286] |
Ma., 26 Oktober 2020 20:40 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ongewoon
Afbreking: on•ge•woon
Byvoeglike naamwoord: ongewoon
Vergrotende trap: ongewoner
Oortreffende trap: ongewoonste
Attributief: ongewone
Partitief: ongewoons
Betekenis:
• Wat van die normale afwyk en nie algemeen voorkom nie.
Gebruik:
• Vetsug is skaars by wilde diere, maar nie ongewoon by mense en troeteldiere nie, wat dikwels oorvoed is en te min beweeg.
Sinoniem:
• abnormaal
• afwykend
• atipies
• besonder
• bizar
• buitengewoon
• eienaardig
• eksoties
• merkwaardig
• ongebruiklik
• onreëlmatig
• raar
• seldsaam
• sonderling
• spesiaal
• uitsonderlik
• vreemd
Antoniem:
• gewoon
Afkorting:
• ongew.
Vertaling:
Engels: unusual, uncommon, unfamiliar, unaccustomed
Nederlands: ongewoon
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|