Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grondkunde
grondkunde [boodskap #134156] So., 18 Oktober 2020 20:43
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26631
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Grond word bestudeer.
Grond word bestudeer.
grondkunde
Afbreking: grond•kun•de
Samestelling: grond + kunde


Selfstandige naamwoord: grondkunde
Meervoud: –

Betekenis:
• Wetenskap wat grond en die eienskappe van grond bestudeer.

Gebruik:
• 'n Belangrike aspek van grondkunde is die benutting van grond vir die landbou.
• Grondkunde omvat die fisiese, chemiese, morfologiese, mineralogiese eienskappe van grond, insluitende die genese, klassifikasie, verspreiding en vrugbaarheid daarvan.

Sinoniem:
• bodemkunde
• grondwetenskap
• pedologie

Afkorting:
• grondk.

Vertaling:
Engels: soil science
Nederlands: bodemkunde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vervoeg
Volgende onderwerp: straatkind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Sep. 26 10:23:09 UTC 2026