| digitaal [boodskap #134094] |
Wo., 14 Oktober 2020 20:27 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24212 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die tyd word digitaal aangedui.
digitaal
Afbreking: di•gi•taal
Byvoeglike naamwoord: digitaal
Attributief: digitale
Betekenis:
• Elektronies met behulp van 'n rekenaar (en nie fisies op papier nie).
• Wat met syfers werk of weergee.
Gebruik:
• Deesdae word inligting digitaal verwerk en gestoor.
• Ek wil 'n digitale horlosie vir my verjaarsdag hê.
Antoniem:
• analoog
Afgelei:
• digitiseerder
• digitalisering
Vertaling:
Engels: digital
Nederlands: digitaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|