Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark?
|
Re: Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark? [boodskap #13376 is 'n antwoord op boodskap #13075] |
Thu, 19 March 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jean" writes:
>
> Nee wat Gloudina, antwoord al die vrae wat Leendert aan jou gestel het
.
Ek moes lank genoeg in Kanada sit en
aangeval word oor "wat in SA aangaan"
gedurende die apartheidsjare. Ek gaan
nie nou weer deur Leendert se eenman-
Gestapo en jou Inkwisisie gaan nie.
>
> Hoekom het mense van Mosambiek dan na SA geloop om slawe te wees en
> belasting te betaal en mishandel te word? Elektriese heinings en
> voetpatrollies het hulle trotseer om van hulle 'paradys' na 'slawerny' te
> vlug. Hoekom?
So jy verdedig die ou SA.
> In die wonderlike intelektuele wêreld is alles maklik om te verdoem en
> kritiseer. Moenie vir mense sê wat hulle ervaar is twak en verbeelding
> nie.
Reageer dieselfde met mense wat in SA
woon en vir jou sê jy praat baie
snert.
>
> Nee wat, mense was vrot behandel en die wittes was verkeerd, maar is dit die
> hele
> storie?
> Ja, ek het ook soos al die ander self ondersoek gedoen. En gewonder oor my
> betrokkenheid. Maar moenie die 'Goldielocks Truth Commission' op my trek
> nie.
> Ek is volwasse genoeg om vrede te maak en te verander waar nodig.
So wat is nou die moeilikheid?
As jy volwasse is, sou jy nie
hier met my sit en praat nie.
Wat wil jy probeer bewys?
>
> Ek kan nie vir die Afrikaanse nasie praat nie - maar die laaste ding wat
> mense daar
> nodig het is 'heilige' waarheidskommisie van 'n buitelander wat groot, lee"
> beskuldigings en veralgemenings rond swaai en ongevoelige terme op te maak.
> Mense skryf maklik op 'n nuusgroep maar soos hulle op Engels sê - 'Put your
> money where your mouth is' en trek terug SA toe.
Ek is 'n Kanadese burger, 'n
volwaardige burger wat hier
stem. Moenie hier met Kanadese
burgers in hulle eie land kom
lol nie. Dis 'n siekte wat
baie Afrikaners wat so pas
uit SA is aan ly. Jy sal nog
sekere dinge in my land moet
leer.
>
> My gevoel is dat jy die hele storie aan die gang kan hou sodat jy almal kan
> wys hoe heilig jy is deur ons te laat probeer skuldug voel. Miskien werk
> dit, want nou mors ek my tyd om hierdie boodskap uit te stuur.
> Jean
Nouja, dan het ek mos in my doel
geslaag deur jou 'n bietjie Afrikaans
te laat skryf. As jy nie van my poste
hou nie, hoekom antwoord jy hulle?
Hoekom antwoord jy nie Mafuta Sefebe
nie?
Die heilige Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark? [boodskap #13400 is 'n antwoord op boodskap #13075] |
Fri, 20 March 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 18 Mar 1998 19:42:18 -0600, "Jean" wrote:
> in die
>> sosiale dinamiek
>> bly. Maar hoeveel keer moet mens om verskoning vra? >>
> 1. 'n Mens moet die goed erken. Bereid wees om te sê: "Ja, dit HET
> gebeur."
> Jy sal verbaas wees watter ontsaglike weerstand daar is om dit te doen
> by baie mense. Selfs om die nuusgroep.
Weerstand ontstaan wanneer:
a) Daar slegs gefokus word op die "foute" wat gemaak is en die
onaanvaarbare uitkomste wat behaal is, met algehele ontkenning van enige
positiewe resultaat.
b) Daar vervolgens uitsluitlik bose, selfsugtige, nalatige en ander
laakbare motiewe toegeskryf word aan alle handelinge in die verlede.
c) Skulderkenning gebruik word as regverdiging vir eise van herstel van
griewe en boetedoening - altyd in materiële vorm.
> 2. 'n Mens moet dit doen sonder om dit dadelik te koppel aan dinge wat
> die "ander kant" ook gedoen het. Die dinge van die "ander kant" moet
> natuurlik ook oor gepraat word. Maar op sy eie. Soos die dinge van
> "die kant" op sy eie moet staan.
> Dis vir my logies.
Dit mag vir jou logies wees. Maar dit is ongeldig. Want dit suggereer dat
elke "kant" in 'n vakuum funksioneer, en dat die een nie aanleiding gee tot
die ander nie.
Daarbenewens word baie van die kritiek juis gebaseer op vergelykings tussen
die twee "kante". Gewoonlik ongeldige vergelykings.
> 'n Erkenning van iets wat jy verkeerds gedoen het, moet nie
> gekwalifiseer word met ander voorbeelde nie.
Hiermee het ek in beginsel nie 'n probleem nie.
> En jy sal verbaas wees oor die onvermoe in SA deur Afrikaners om
> eenvoudig te erken dat hulle verkeerd gedoen het.
Dit is geensins verbasend nie - as jy in berekening bring dat daar ge-eis
word dat dit totaal eensydig geskied op die wyse wat jy hierbo beskryf.
> Nie eers verskoning vra nie - wat problematies in seker die meeste
> gevalle kan wees - net erken daar was verkeerd gedoen deur die groep
> waaraan jy behoort.
> Die sterkste uiting van die onvermoe om die foute van die verlede te
> erken en om dit eenvoudig en helder en sonder kwalifikasies te erken,
> is die histerie waarmee die WVK voortdurend uit Afrikaanse geledere
> aangeval word.
Ek weet nie van die histerie (jy gebruik die woord so dikwels dat dit besig
is om jou styl te verongeluk) nie, maar die kritiek is geregverdig in die
lig van die eensydigheid daarvan. 'n Mens kan gerus kennis neem daarvan dat
een van die WVK se eie kommissarisse bedank het omdat hy gevoel het dat die
proses eensydig is.
> Hoeveel keer?
> As jy in beginsel dit een keer gedoen het, het jy dit mos gedoen?
> Maar die werklikheid is ongelukkig meer gekompliseerd, want as jy
> Afrikaans is sal jy dit waarskynlik meer as een keer in jou lewe moet
> doen. Nie kruip nie, net met eerbaarheid die werklikheid erken.
Hiermee is ek dit eens. Die probleem is dat die huidige proses geen ruimte
laat vir eerbaarheid nie. Omdat dit slegs 'n selektiewe werklikheid erken.
> Ek se meer as een keer omdat ek oortuig is 'n mens sal dit aan meer as
> een mens moet doen.
> Se nou maar jy praat met iemand ('n swart mens) by die werk hieroor en
> jy se: "Ja, ons het opgefok. Ons was verkeerd."
> Nou kom jy by die huis. Jou bediende/huishulp/whatever, 'n goeie swart
> vrou met wie jy 'n goeie verhoudig het, praat oor die "dinge".
"Skropvrou" is die woord. Moet tog nie dat Gloudina hoor dat jy so iemand in
diens het nie.
> Se jy
> nou vir haar ook: "Ja, Sarie, ons het verkeerd gemaak. Dit was 'n
> fout". Of ruk jy jou op en se aan haar jy het die kwessie reeds met
> mnr. so en so by die werk bespreek.
> Twee maande later is jy by 'n dinner party. Daar is 'n swart
> prokureur. In die gesprek vra hy jou - "dink julle Afrikaners julle
> het verkeerd gemaak?" Wat se jy?
Ek sou sê: "Ek kan nie vir "ons Afrikaners" praat nie, maar ek dink:
Natuurlik ja! Ons maak nog daagliks verkeerd. Maar wat ons verkeerd gemaak
het regverdig nie dat ons voorgehou word as die enigste vark in die Sinagoge
nie. Om die waarheid te sê, ek reken ons het meer reg gemaak as wat ons
verkeerd gemaak het".
>
> Wat my betref, as ek dit vol in die gesig kyk dat ons opgefok het en
> as ek dit een keer erken het, vat dit niks van my om dit weer te erken
> nie. Die volgende erkenning word dan in vryheid en verlos van die
> verlede gedoen.
As hierdie ritueel jou help om "inner healing" te verkry, het ek daar geen
probleem mee nie. Maar moenie daarop aandring dat almal dieselfde kuur moet
ondergaan wat jy vir jouself kies nie.
>
> self vrede
>> met jouself gemaak het) moet jy die beste maak van 'n slegte saak en weer 'n
>> betekinisvolle lewe voer? OF is die Afrikaaner nie geregtig op 'n
>> betekenisvolle lewe nie? >>>
> Natuurlik is hy! Maar ek reken hy kan slegs 'n betekenisvolle lewe he
> as hy die verlede ontleed het en bereid is om dit te erken!
Nee. Jy reken dat hy slegs 'n betekenisvolle lewe kan hê as hy die verlede
ontleed het op dieselfde wyse as wat jy dit doen, en tot dieselfde
gevolgtrekkings kom as jy.
>
> verskil - maar ek gaan aanhou
>> ophou om myself te kritiseer en aamekaar te tob oor geskiedenis waaraan ek
>> nie kan verander nie. >>
> Nie tob nie. As jy dit erken het, het jy vrede daarmee gemaak. Maar
> dan bly die wete daarvan, reken ek. Jy durf dit nie vergeet nie.
Ek dink nie ons kan bekostig om ooit op te hou om onsself te kritiseer nie.
Maar op realistiese wyse, en in die konteks van die werklikheid soos hy was
en is.
> met die onderwerp van die verlede. Ek is reg daarvoor.>>>
> As maak klaar beteken dit in die oe" kyk, dit erken en dan bevry word
> van skuld - en dan die lesse wat daaruit kom respekteer en onthou.
> En as dit beteken om die pad te loop (bevry van die verlede omdat dit
> erken word) wat mens moet loop om dit "af te handel" in verhouding met
> jou mede-landgenote (in die verband die voorbeelde wat ek bo genoem
> het - met ander woorde dat dit vir 'n tyd lank nog gereeld gaan opduik
> - maar as jy dit kan ontleed en daaroor kan praat as iemand bevry
> daarvan omdat jy dit erken en die fout daarvan erken), dan is ek saam.
> Maar as "klaar maak" beteken om te weier om daaroor te praat of om dit
> te ontken, dan is ek nie saam nie.
As "klaar maak" beteken dat ek iemand anders se eendimensionele en
ongenuanseerde veroordeling van my dade en gesindheid klakkeloos moet
aanvaar en daardeur instem dat dit die objektiewe waarheid verteenwoordig
sal ek tot aan die einde van my dae nie "klaar maak" nie. Veral as die
veroordeling geen ander grond het as dat ek tot 'n bepaalde groep behoort,
wat gereduseer word tot 'n karikatuur nie.
Ek sal konsekwent bly weerstand bied.
Groete, Leendert
|
|
|
Re: Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark? [boodskap #13401 is 'n antwoord op boodskap #13075] |
Fri, 20 March 1998 00:00   |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 18 Mar 1998 19:42:18 -0600, "Jean" wrote:
sosiale dinamiek[/color]
> bly. Maar hoeveel keer moet mens om verskoning vra? >>
1. 'n Mens moet die goed erken. Bereid wees om te sê: "Ja, dit HET
gebeur."
Jy sal verbaas wees watter ontsaglike weerstand daar is om dit te doen
by baie mense. Selfs om die nuusgroep.
2. 'n Mens moet dit doen sonder om dit dadelik te koppel aan dinge wat
die "ander kant" ook gedoen het. Die dinge van die "ander kant" moet
natuurlik ook oor gepraat word. Maar op sy eie. Soos die dinge van
"die kant" op sy eie moet staan.
Dis vir my logies.
'n Erkenning van iets wat jy verkeerds gedoen het, moet nie
gekwalifiseer word met ander voorbeelde nie.
En jy sal verbaas wees oor die onvermoe in SA deur Afrikaners om
eenvoudig te erken dat hulle verkeerd gedoen het.
Nie eers verskoning vra nie - wat problematies in seker die meeste
gevalle kan wees - net erken daar was verkeerd gedoen deur die groep
waaraan jy behoort.
Die sterkste uiting van die onvermoe om die foute van die verlede te
erken en om dit eenvoudig en helder en sonder kwalifikasies te erken,
is die histerie waarmee die WVK voortdurend uit Afrikaanse geledere
aangeval word.
Hoeveel keer?
As jy in beginsel dit een keer gedoen het, het jy dit mos gedoen?
Maar die werklikheid is ongelukkig meer gekompliseerd, want as jy
Afrikaans is sal jy dit waarskynlik meer as een keer in jou lewe moet
doen. Nie kruip nie, net met eerbaarheid die werklikheid erken.
Ek se meer as een keer omdat ek oortuig is 'n mens sal dit aan meer as
een mens moet doen.
Se nou maar jy praat met iemand ('n swart mens) by die werk hieroor en
jy se: "Ja, ons het opgefok. Ons was verkeerd."
Nou kom jy by die huis. Jou bediende/huishulp/whatever, 'n goeie swart
vrou met wie jy 'n goeie verhoudig het, praat oor die "dinge". Se jy
nou vir haar ook: "Ja, Sarie, ons het verkeerd gemaak. Dit was 'n
fout". Of ruk jy jou op en se aan haar jy het die kwessie reeds met
mnr. so en so by die werk bespreek.
Twee maande later is jy by 'n dinner party. Daar is 'n swart
prokureur. In die gesprek vra hy jou - "dink julle Afrikaners julle
het verkeerd gemaak?" Wat se jy?
Wat my betref, as ek dit vol in die gesig kyk dat ons opgefok het en
as ek dit een keer erken het, vat dit niks van my om dit weer te erken
nie. Die volgende erkenning word dan in vryheid en verlos van die
verlede gedoen.
met jouself gemaak het) moet jy die beste maak van 'n slegte saak en weer 'n[/color]
> betekinisvolle lewe voer? OF is die Afrikaaner nie geregtig op 'n
> betekenisvolle lewe nie? >>>
Natuurlik is hy! Maar ek reken hy kan slegs 'n betekenisvolle lewe he
as hy die verlede ontleed het en bereid is om dit te erken!
ophou om myself te kritiseer en aamekaar te tob oor geskiedenis waaraan ek[/color]
> nie kan verander nie. >>
Nie tob nie. As jy dit erken het, het jy vrede daarmee gemaak. Maar
dan bly die wete daarvan, reken ek. Jy durf dit nie vergeet nie.
>>[/color]
As maak klaar beteken dit in die oe" kyk, dit erken en dan bevry word
van skuld - en dan die lesse wat daaruit kom respekteer en onthou.
En as dit beteken om die pad te loop (bevry van die verlede omdat dit
erken word) wat mens moet loop om dit "af te handel" in verhouding met
jou mede-landgenote (in die verband die voorbeelde wat ek bo genoem
het - met ander woorde dat dit vir 'n tyd lank nog gereeld gaan opduik
- maar as jy dit kan ontleed en daaroor kan praat as iemand bevry
daarvan omdat jy dit erken en die fout daarvan erken), dan is ek saam.
Maar as "klaar maak" beteken om te weier om daaroor te praat of om dit
te ontken, dan is ek nie saam nie.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark? [boodskap #13406 is 'n antwoord op boodskap #13075] |
Fri, 20 March 1998 00:00   |
Jean van Eeden
Boodskappe: 2 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Beslis. Ek stem saam. Jy raak baie aan wat ek nie geskryf het nie.
meer keer om verskonig vra wanner nodig (vra maar my vrou!). Maar ek voel
terselfdetyd dat die mense wie om verskoning gevra moet word nou al 'n paar
jaar om
verskoning gevra is en dat die meerderheid seker nie die nuusgroep lees nie.
Die hele storie (vergifnis ingesluut) word natuurlik deel van mens se lewe -
tweede natuur -
sodat mens nie weer sulke goed doen nie. Party Afrikaners is meer sensetief
oor
rassisme as baie Engelse of Amerikaaners (bv) omdat ons deur al die dinge
was. So ja.
ek stem saam en ek is bly dat jy bygedra het om my verder te laat dink. Ek
hou van sulke antwoorde. Miskien was ek maar naief (spel asb?) om te dink
dat baie wittes jou
punte gevolg het en dit af uitgangspunt gebruik het. Is daar 'n terme vir
mense wat so gemaak het? Sonder om mense te katagoriseer!
Baie Groete
Jean
> 1. 'n Mens moet die goed erken. Bereid wees om te sê: "Ja, dit HET
> gebeur."
> Jy sal verbaas wees watter ontsaglike weerstand daar is om dit te doen
> by baie mense. Selfs om die nuusgroep.
> 2. 'n Mens moet dit doen sonder om dit dadelik te koppel aan dinge wat
> die "ander kant" ook gedoen het. Die dinge van die "ander kant" moet
> natuurlik ook oor gepraat word. Maar op sy eie. Soos die dinge van
> "die kant" op sy eie moet staan.
> Dis vir my logies.
> 'n Erkenning van iets wat jy verkeerds gedoen het, moet nie
> gekwalifiseer word met ander voorbeelde nie.
> En jy sal verbaas wees oor die onvermoe in SA deur Afrikaners om
> eenvoudig te erken dat hulle verkeerd gedoen het.
> Nie eers verskoning vra nie - wat problematies in seker die meeste
> gevalle kan wees - net erken daar was verkeerd gedoen deur die groep
> waaraan jy behoort.
> Die sterkste uiting van die onvermoe om die foute van die verlede te
> erken en om dit eenvoudig en helder en sonder kwalifikasies te erken,
> is die histerie waarmee die WVK voortdurend uit Afrikaanse geledere
> aangeval word.
>
> Hoeveel keer?
> As jy in beginsel dit een keer gedoen het, het jy dit mos gedoen?
> Maar die werklikheid is ongelukkig meer gekompliseerd, want as jy
> Afrikaans is sal jy dit waarskynlik meer as een keer in jou lewe moet
> doen. Nie kruip nie, net met eerbaarheid die werklikheid erken.
> Ek se meer as een keer omdat ek oortuig is 'n mens sal dit aan meer as
> een mens moet doen.
> Se nou maar jy praat met iemand ('n swart mens) by die werk hieroor en
> jy se: "Ja, ons het opgefok. Ons was verkeerd."
> Nou kom jy by die huis. Jou bediende/huishulp/whatever, 'n goeie swart
> vrou met wie jy 'n goeie verhoudig het, praat oor die "dinge". Se jy
> nou vir haar ook: "Ja, Sarie, ons het verkeerd gemaak. Dit was 'n
> fout". Of ruk jy jou op en se aan haar jy het die kwessie reeds met
> mnr. so en so by die werk bespreek.
> Twee maande later is jy by 'n dinner party. Daar is 'n swart
> prokureur. In die gesprek vra hy jou - "dink julle Afrikaners julle
> het verkeerd gemaak?" Wat se jy?
>
> Wat my betref, as ek dit vol in die gesig kyk dat ons opgefok het en
> as ek dit een keer erken het, vat dit niks van my om dit weer te erken
> nie. Die volgende erkenning word dan in vryheid en verlos van die
> verlede gedoen.
>
> self vrede
>> met jouself gemaak het) moet jy die beste maak van 'n slegte saak en weer 'n
>> betekinisvolle lewe voer? OF is die Afrikaaner nie geregtig op 'n
>> betekenisvolle lewe nie? >>>
>
> Natuurlik is hy! Maar ek reken hy kan slegs 'n betekenisvolle lewe he
> as hy die verlede ontleed het en bereid is om dit te erken!
>
> verskil - maar ek gaan aanhou
>> ophou om myself te kritiseer en aamekaar te tob oor geskiedenis waaraan ek
>> nie kan verander nie. >>
>
> Nie tob nie. As jy dit erken het, het jy vrede daarmee gemaak. Maar
> dan bly die wete daarvan, reken ek. Jy durf dit nie vergeet nie.
>
> met die onderwerp van die verlede. Ek is reg daarvoor.>>>
>
> As maak klaar beteken dit in die oe" kyk, dit erken en dan bevry word
> van skuld - en dan die lesse wat daaruit kom respekteer en onthou.
> En as dit beteken om die pad te loop (bevry van die verlede omdat dit
> erken word) wat mens moet loop om dit "af te handel" in verhouding met
> jou mede-landgenote (in die verband die voorbeelde wat ek bo genoem
> het - met ander woorde dat dit vir 'n tyd lank nog gereeld gaan opduik
> - maar as jy dit kan ontleed en daaroor kan praat as iemand bevry
> daarvan omdat jy dit erken en die fout daarvan erken), dan is ek saam.
>
> Maar as "klaar maak" beteken om te weier om daaroor te praat of om dit
> te ontken, dan is ek nie saam nie.
>
|
|
|
|
Re: Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark? [boodskap #13425 is 'n antwoord op boodskap #13075] |
Sat, 21 March 1998 00:00   |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: February 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
| Nico, waarom steek jy jou neus
| so in ander mense se sake.
Ek doen nie - ek neem gewoon deel aan hierdie gespreksgroep.
Ek,
| 'n Kanadees vir baie jare al,
| het gepraat met 'n persoon wat
| ook in Kanada bly, nuut aangekom
| het, en nou al vir my wil vertel
| dat ek Kanada moet verlaat.
Bloot sy reaksie op die manier waarop jy kommentaar lewer op ander mense se
plasings. Julle het gekies om te trek - volg nou jou eie raad en moenie
ander Suid Afrikaners "beswadder" net omdat hulle sienings van joune
verskil nie.
Dit
| het absoluut niks met jou te
| doen nie.
Ons is almal deel van die gespreksgroep hier, Gloudina, en sodra jy iets
hier sê, lê jy dit bloot vir kommentaar. Waarom antwword jy nie liewer al
die baie vrae wat aan jou gevra word nie of antwoord op die baie keer wat
ek jou aanmoedig om moii positiewe stories vir ons te plaas nie?
Jy sê jy is 'n vol-
| waardige burger van SA,
Ja, bloot 'n feit ...
Hoekom
| sit jy dit so en beswadder
| terwyl jy in die VSA bly?
My kritiek teen jou is bloot kritiek teen 'n ander wêreldling, 'n ander
oud-SuidAfrikaner.
Die res is nie beswadderring nie, man. Gaan lees dit weer mooi as jou
hormone en emosies nie galop nie.
Kom ons kyk of ons nie weg kan beweeg van die ou koeie wat nou al vrot in
die sloot nie. Ek is seker meeste van ons hier wil eerder in die hede
leef. kom ons kyk eerder positief vorentoe.
|
|
|
... en gaan lees weer jou eie oorspronklike plasing, Gloudina, ek het jou
amper woordeliks aangehaal. Jy redeneer teen jouself!
Nico
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Leendert vra: wie is 'n Apartheidsvark? [boodskap #13512 is 'n antwoord op boodskap #13075] |
Tue, 24 March 1998 00:00  |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 19 Mar 1998 15:04:55 +0100, "Leendert van Oostrum"
wrote:
herinner my dat veral die Tswana daarvoor bekend was dat hulle slawe[/color]
> aangehou het.>>
Watse werk doen jy Leendert?
Nou dat jy Tswana's noem.
Jy het mos laas vertel van die "man in die kantoor langs jou" wat jou
sulke insigte in swartmense se denke en optredes gee.
Was dit by jou werk Leendert?
Waar werk jy?
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:57:41 UTC 2025
|